Tuis
Bearcademy bied ekstra klasse aan vir leerders in Graad 4 – 12. Vir Laerskool leerders word alle vakke aangebied en die vakke beskikbaar vir die Hoërskool leerders word hieronder gelys:
- Wiskunde
- Alpha Wiskunde
- Wetenskap
- Rekeningkunde
- Geografie
- Geskiedenis
- Engels
- Afrikaans
- Besigheidsstudies
- Ekonomie
Daar is twee opsies om van te kies.
- Opsie een is ‘n private tutor sessie, waar die tutor na jou huis toe kom en ‘n een-tot-een sessie met die leerling het.
- Opsie twee is ‘n groepklas by Bearcademy se tuiste waar ‘n maksimum van 8 leerders per klas toegelaat word.
Bespreek die perfekte ektra klas opsie vir jou kind!
Tutors
Leer Bearcademy se uitstekende tutors ken.

Charné Janse van Rensburg
Onderrig: Bcom Marketing Specialization-MKT
Gunstelling aanhaling: “The more that you read, the more things you will know, the more that you learn, the more places you will go.” – Dr Seuss
Oor myself: Ek is oneindiglik opsoek na wysheid, ek is lief om met kinders te werk en te weet hulle voel trots en kan enige iets aanpak! Om hulle te sien hul volle potensiaal te bereik is my doelwit, en hulle die krag te gee om te weet hulle kan streef na enige iets wat hulle wil.
Vakke wat ek tutor: Laerskool: Enige vakke insluitend Wiskunde; Hoërskool: Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Lewenswetenskap, Besigheidstudies, Afrikaans en Engels; Universiteit: Bcom Bemarking vakke asook enige besigheidsvakke.

Hanné Kirsten
Onderrig: BSc Biochemie
Gunstelling aanhaling: “Skool is lekker en ek is slim.” – Juffrou Astrid Jordaan
Oor myself: Ek pak alles met entoesiasme aan en glo nie daaraan om op te gee nie. My brandstof vir die lewe is mense en positiwiteit.
Vakke wat ek tutor: Hoërskool: Wiskunde, Wetenskap en Alpha Wiskunde

Adriaan Venter
Onderrig: BSc Quantity Surveying
Gunstelling aanhaling: “Hoe groot sou jy droom as jy geweet het jy kan nie misluk nie?” – Robert H. Schuller
Oor myself: Ek het ‘n passie vir mense en om mense te help. Ek geniet dit om nuwe mense te leer ken en om my kennis te deel.
Vakke wat ek tutor: Laerskool: Enige vakke behalwe geskiedenis; Hoërskool: Geografie Graad 8-12, Wetenskap Graad 8 en 9, Meetkunde Graad 8-12 en IGO Graad 10-12.

Shawné Anderson
Onderrig: BSc Fisika en Chemie
Gunstelling aanhaling: “We cannot solve our problems with the same thinking we used when we created them.” – Albert Einstein
Oor myself: Ek het ‘n groot passie om met mense te werk en vrede te bring oor aspekte wat mens voorheen angstig gemaak het. Ek is lief vir ‘n uitdaging, want ek sien dit as ‘n geleentheid om te groei en nuwe perspektief te kry. Verder is ek ‘n lawwe ekstrovert en mal oor atletiek.
Vakke wat ek tutor: Hoërskool: Hoërskool: Wetenskap en Wiskunde

Eduan Herbst
Onderrig: BCom Rekeningkunde
Gunstelling aanhaling: “The same boiling water that softens the potato, hardens the egg. It’s about what you are made of, not the circumstances.” – Unknown
Oor myself: Ek is n baie opwindende persoon en glo vas dat harde werk en positiwiteit ‘n mens ver in die lewe sal bring. Ek is ‘n sportliefhebber en geniet avonturistiese aktiwiteite waar ek myself kan uitdaag!
Vakke wat ek tutor: Laerskool: Alle vakke; Hoërskool: Rekeningkunde en Wiskunde (Graad 8-10)

Dunstan Smart
Onderrig: Gekwalifiseerde elektroniese ingenieur
Gunstelling aanhaling: “I have spent so much time thinking about the dreams I can chase, that I forgot all about the dreams you just have.” – Alexander, Letter 31
Vakke wat ek tutor: Laerskool: Alle vakke; Hoërskool: Wetenskap en Wiskunde
Pryse

Bearcademy het twee opsies om van te kies. Private sessies of groepsklasse.
Private tutor sessies is waar die tutor na jou huis toe kom en ‘n een-tot-een sessie met die leerling het. Groepsklasse word aangebied by Bearcademy se fasiliteit waar ‘n maksimum van 8 leerders en ‘n minimum van 5 leerders per klas toegelaat word.
‘n Sessie is ‘n uur lank en die pryse wat hieronder gelys is, is gebasseer op een sessie per week. As daar ‘n behoefde is vir meer as een sessie per week kan dit so bespreek word.
Die kostes vir 2024 verloop as volg:
| Privaat | Groep |
Kwartaal | R 2 550.00 | R 2 200.00 |
Maand | R 940.00 | R 800.00 |
Let asb daarop dat daar ‘n kanseleringsfooi is. As die sessie op die dag met die tutor gekanseleer word, sal die sessie nogsteeds op die rekening verskyn.